ToekomsVenster: Oudword is nie vir sissies nie


Argieffoto

Argieffoto

Psalm 71:6,9 – “U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur. Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie.”

Oudword is nie vir sissies nie word gesê. Mense verstaan eers die besondere uitdagings wat aan ouer word verbonde is wanneer hulle dit self beleef. Die illusie van altyd jonk bly met al die voordele en geleenthede daaraan verbonde gaan gouer verby as wat ʼn mens kan dink. Skielik kyk ʼn mens nie meer so veel vorentoe as terug nie. Jy oorweeg die kwaliteit van jou lewe en wat jy bygedra het om van hierdie wêreld ʼn beter plek te maak.

Die psalmdigter beleef heelwat onsekerheid as gevolg van die lewensfase waarin hy homself bevind. Die broosheid wat die ouderdom bring maak hom ʼn maklike prooi vir sy teenstanders. Die geloofsvertroue wat hy in verse 17 en 18 uitspreek is besonders. Te midde van sy grysheid sien hy kans om God se roem en eer aan geslagte wat kom te vertel.

Mag bejaardheid ons nie onverhoeds oorval nie. Mag die lewe betekenisvol uitspeel in elkeen se lewe. As God daarvan die kern en leidende beginsel is, kan dit nie anders nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GCS ·

Die moeilikste vr my om te verwerk is die magtelose gevoel soos wanneer jy moet sit en toekyk dat dit wat jy jou kinders (nou in hul middel veertigs) geleer het, by die agterdeur uitgegooi word.
Probeer hulle reghelp en jy word by die agterdeur uitgegooi!

Elsabe ·

More GCS…my hart gaan so uit na jou! Die spreekwoord: “Youth is wasted on the young…” doem dikwels voor my op wanneer ek my spannetjie so bekyk… wanneer jy hulle op iets wys en die grommery wat jou dan te beurt val. Wat my egter verstom is SOCRATES se stelling in 469 -399 voor Christus: “The children now love luxury. They have bad manners, contempt for authority: they show disrespect for elders and love chatter in places of exercise.” Wat se ons vir mekaar? Het enigiets verander? GCA troos jou daaraan dat jy het jou beste gegee – hiervandaan aan sit jy hulle net ELKE oggend op GOD se skoot neer! Vrede vir jou! Groete. Elsabe

elize ·

Ja, dit is nie maklik nie….waar begin jy heeltemal ophou help en bystaan. …wanneer moet jy heeltemal terug staan en net toekyk of ophou toekyk en net wegkyk. …en soms as jy stilbly is jy nie belangstellend genoeg nie…..so ! ! ! ! ! !

EMK ·

Dit moet moes eintlik wees oudword is nie vir “sissies” nie.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê EMK

Baie dankie dat jy ons laat weet het! Ons het die fout nou reggestel.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.