ToekomsVenster: Ouers as rolmodelle


ouerskap-en-rolmodelle

Foto: Playbuzz.com

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.  Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. – Deuternomium 6:4-9; 20-25

In Deut. 6 gee hy die opdrag dat ouers gereeld met hulle kinders sal praat oor God se wil as sy waardes vir hulle lewe (vers 7).  Ouers moet kinders help onthou wie God is en wat Hy gedoen het, sodat hulle ook in die toekoms vertroue in Hom sal hê.

Watter soort rolmodel is jý vir jou kind? Sê jou lewe vir hom of haar iets van jou waardes en doelwitte – en wát sê dit?  Sal jy in jou hart gelukkig voel as jou kind jou voorbeeld volg?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.