ToekomsVenster: Padwaardigheid

padwaardig

Foto: Aaaautomotive.com.au

Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. – Romeine 3:10-12;21-24

As God se voertuig in die wêreld is ons nou nie juis die aansienlikste model wat daar is nie.  Inteendeel, ons is maar vol duike, krapmerke en roeskolle. “Almal het afgedwaal, almal het ontaard.  Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie” (Rom 3:12).  Ons is op ons beste maar gereed vir die wrakwerf (vers 13-17).

Genadiglik weet God wat Hy aan ons het, want Hy het ons gemaak.  Hy weet wat ons potensiaal is.  Ons is “net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese” (Psalm 8:6).

God maak my vir die reis padwaardig.  Hy gee my ‘n nuwe lewe.  Hy doen my enjin oor en sit sy restourasiewerk daagliks voort terwyl ek op reis is.  Want sien, hy het dringend voertuie nodig vir sy werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.