ToekomsVenster: ‘Pas op, moenie verskrik word nie’

(Foto: Diana Vargas/Unsplash)

Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. – Matteus 24:6

Dit sal erger gaan voor die wederkoms plaasvind, sê die Bybel. Wie bekend is met die profetiese rede in Matteus 24, het al met hierdie realiteit kennis gemaak.

Presies hoe ver die wêreld gevorder het op die trajek na God se verskyning in die wolke, is onseker. Niemand ken die datum nie behalwe die Vader alleen.

Wanneer die wêreld weer sy wreedhede skaamteloos uitspeel prewel die laaste woorde van Openbaring meer geredelik op ons lippe: “Maranata, kom tog gou Here Jesus, Maranata”.

Oorloë en gerugte van oorloë staan daar. Ook ander dinge soos pessiektes waarmee ons grafies gekonfronteer is. Miljoene mense het is dood weens Covid-19. Daar is ook sprake van ander dinge – jy ken die teks.

Die frase “dit is geboortepyne, nog nie die einde nie” val my op.

“Hoe lank nog Here gaan U ons aan onsself oorlaat” kom by my op

Hoe lank kan en sal U nog die ongeregtigheid en onmenslikheid van mense akkommodeer?

God se program is duister en sy wil onbekend.

Ja, dat ons mekaar moet liefhê en dien is duidelik maar hoe die wêreldgeskiedenis sigself gaan uitspeel weet ons nie.

Dinge is vloeibaar dinamies, situasies verander van dag tot dag.

Die bykans vier weke lange gevegte in Oos-Europa is daarvan ʼn toonbeeld. Een en elk bied natuurlik nou aan om as bemiddelaar op te tree terwyl hul eie konteks, soos hier by ons, eerder onverdeelde aandag verg.

Ou verbintenisse oorheers die belang van die land en sy mense. Ou lojaliteite laat jou eie mense steeds in honger en armoede voortleef.

“So sal dit wees, totdat…” sê die Bybel.

Die basuin sal weerklink en die verskyning van die Seun van die mens sal soos weerlig wees.

Elke oog sal Hom sien en elke tong sal bely. Sommige sal vlug en hoop dat berge en heuwels vir hulle ʼn skuilplek sal aanbied.

Die wat Hom verloën het, sal moet rekenskap gee.

Wie Hom aan God se mense, alle mense, deur oorlogsgeweld vergryp het, sal voor die groot wit troon staan en verduidelik.

Nie iets om na uit te sien nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.