ToekomsVenster: Perspektiewe oor die oorlog

hartseer-vrou-stiltetyd.jpg

(Foto: Pixabay.com)

By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie. Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is ‘n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe. – Hebreërs 2:8-9

Oorlog is ʼn tragiese deel van ons gevalle werklikheid. Sedert die begin van tyd het mense mekaar die stryd aangesê. Jy hoef nie ver in die Bybel te blaai om bewus te word van bloeddorstige en vernietigende veldslae nie.

Die getal mense wat hul lewens in oorloë verloor het, is skrikwekkend onberekenbaar. Die hartseer en ontwrigting wat dit meegebring het, en steeds meebring, is onherstelbaar. Die redes vir oorloë is legio en mense se vermoë om dit te regverdig verbeeldingryk.

In ons eie dag word ons met ʼn wêreldkrisis gekonfronteer. Visuele materiaal van verwoesting, lewensverlies, verminking, desperaatheid en verslaentheid verskyn daagliks op die televisie.

Dit is asof die hele wêreld gevange gehou en ontsteltenis is nou aan die orde van die dag

Om onskuldige burgerlikes genadeloos af te maai en gemeenskappe stelselmatig te laat verhonger is misdadig.

Oorlog, om weer aan te sluit by ons aanvanklike stelling, is deel van die werklikheid wat deur sonde geraak word.

Om oorloë weg te probeer dink, is wensdenkery. Dit speel op makro- en mikrovlak uit. Dit gaan nie noodwendig met grofgeskut gepaard nie maar oorlog gedy in ons huise, kerke, skole, sportsentra, kompetisies, politiek, elke samelewingsverband denkbaar.

Oorlog is onverdedigbaar en doodgewone sonde. Daar moet ʼn ander manier wees.

Oorlog het twee kante, magsbeheptheid en beheer enersyds en die geviktimiseerde aan die ander kant. Dit is hoe dit tans in die Oekraïne uitspeel. Met hierdie ongemak sal ons moet saamleef totdat die môrester opkom in ons harte en die basuin weerklink.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie dat ek weet ongeag wat se magte hierdie uitwissings en oorloe dryf……..U my God bly in beheer oor U skepping….U is die begin en die einde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.