ToekomsVenster: Plaas jou vertroue in Hom alleen

(Foto: Jasmin Ne/Unsplash)

Mark 10:52 – Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.

Hy is inderdaad God, die Messias koning, die nasaat van Dawid, die Seun van die Lewende God. Tog verneem Johannes op ʼn stadium, “is U die Christus of moet ons vir iemand anders wag”.

Lukas 7:21-23 – Sy antwoord aan die boodskappers was: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowe mense hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig”.

Die Bybel sê die regverdige sal deur die geloof lewe.

Hebr. 10:38 – “Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie”.

Ook sonder geloof is dit onmoontlik om te doen wat God behaag.

Hebr. 11:6 – “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil”

Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

Daar is egter geen twyfel dat hierdie blinde man, die man met die naam Bartemeus, die Seun van Timeus, die bedelaar wat langs die pad gesit het ongetwyfels geloof aan die dag gelê het. Geloof is aksie, dit is vertroue in die Een wat in staat is om die onmoontlike te doen.

Geloof is om God te komplimenteer, om “self” eenkant te plaas en God alleen aan te gryp. Geloof is gebed in aksie, is beweging en dade. Geloof is om eie planne te laat vaar en sy strategie te verneem en daarmee besig te wees.

Die Lukas Evangelie vertel dat die man al singende agter Jesus aan is. Die skare se verbeelding is aangegryp en hulle het gaan vertel wat hulle gesien en gehoor het.

Geloof verander die wêreld van hopeloos na hoopvol, van desperaat na tevrede, van soekend na berusting.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ons hoop ons blydskap in U gevestig is nou en vir altyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.