ToekomsVenster: Pluk ’n blom en gee dit vir iemand anders


Sonneblom-Reint-Dykema

Foto: Reint Dykema.

Matteus 25:35 …want Ek was honger en julle het my iets gegee om te drink. Ek was ’n vreemdeling en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere en julle het vir my klere gegee, siek en julle het my verpleeg … Dan sal die wat die wil van God gedoen het, Hom vra: Here wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? … Dit verseker Ek julle vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van my gedoen het, het julle dit aan My gedoen.

Omskrywing: Om bewus te wees van hulle wat seer en gebroke is. Om uit te reik na hulle deur iets van onsself te gee; ’n gesprek, gebed of ’n blom. Maak seker dat jy ook bewus is van mense se innerlike nood, die wat binne-in seer het. Dis maklik om die raak te sien wat buite seergekry het (in ’n ongeluk betrokke was), maar hulle wat binne seer het, sien jy nie dadelik raak nie.

Jy kan die volgende vrae vra om jou te help: Watter mens/e kruis elke dag, of gereeld my pad? (Dit kan mense in die verkeer wees, in my buurt, by my werk of waar ek ontspan, soos by die gimnasium.) Is daar iets wat die Here vir my wil laat raaksien, of wil gee deur hierdie mense? Is daar onder diesulkes mense met wie ek ʼn gesprek kan aanknoop? Na wie toe stuur die Here my? (Dit kan wees dat ek dalk vriendelik groet, belangstel in wie hy/sy/hulle is.)

Geloofsgewoonte: Om iemand te identifiseer by wie jy kan gaan sit.

Iets om vandag te doen:

Jy kan blomme koop of pluk en vir iemand gaan gee. Hierdie gewoonte wil hê dat jy nood moet kan raaksien. Saam met die blomme gee, besluit om vandag te luister na woorde in jou gesprekke wat nood verwoord: bekommer, seer, bang ens. Werk daaraan om dit te hoor en leer jouself om daarop te reageer. Ek is bekommerd oor my kinders… jy reageer: ek kan hoor jy is bekommerd oor jou kinders …

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.