ToekomsVenster: Praat God nog met mense?


luister-na-God

Argieffoto.

Praat God steeds met mense of het Sy stem intussen stil geraak? O nee! God lewe en Hy praat steeds met ons. Ons moet net leer om Sy stem te onderskei tussen die baie stemme rondom ons. Goddelike kommunikasie met mense was nog altyd veelsydig. Ook in ons tyd praat God op verskillende maniere. Die vraag is: kan jy Sy stem hoor as Hy op enige ander wyse as deur die Bybel met jou praat?

Jesus se uitspraak in Johannes 10:3-4 dat die skape die herder se stem sal kan onderskei, sê nie hoe Sy stem klink nie. Paulus se opmerking in Galasiërs 1:11-12 dat Jesus die evangelie aan hom verduidelik het, gee ook nie ’n antwoord op die vraag hoe Christus met hom gepraat het nie.

In Handeling 2:17-21 haal Petrus uit Joël aan om die werking en uitstorting van die Heilige Gees te omskryf:

So sal dit in die laaste dae wees sê God. Ek sal my Gees uitstort op alle mense. Julle seuns en julle dogters sal as profete optree. Julle jongmense sal gesigte sien. Julle oumense sal drome droom. Op die mans en vroue wat in My diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal as profete optree. Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee. Bloed en vuur en rookwolke. Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en die glorieryke dag van die Here kom. So sal dit dan wees: elkeen wat die naam van die Here aanroep, sal gered word. – Joël 2:28-32

Petrus verwys na verskeie maniere waarop God na die Handelinge 2 gebeure deur Sy Gees sou kommunikeer. Profetiese woorde word heel eerste gelys. Ons het reeds oor profesie gesels toe ons die gawes van die Gees bespreek het, maar kom ons bekyk hierdie spreekwyse van die Gees nog ’n keer kortliks.

… Julle seuns en julle dogters sal as profete optree. – Handelinge 2:17

Gebed
Heilige Gees, ek stel myself tot U beskikking. Ek wil graag U stem wees vir dié mense wie se name ek neergeskryf het. Sal U asb. die Vader se hart aangaande hierdie mense met my begin deel, sodat ek ’n suiwer stem vir U kan wees. Leer my om hulle onvoorwaardelik lief te hê. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

George ·

Ek ervaar elke dag dat God met my praat. Ek kry duidelike boodskappe in baie vorme. Drome, gewaarwordinge, eureka oomblikke, mense wat iets sê ens. Dit is egter elke keer baie duidelik wat die boodskap is en wat die Here wil hê ek moet doen. As ek gehoor gee is die uitkoms altyd goed. Ek was reeds ‘n jaar gelede gesê om reënwatertenks op te sit in afwagting van die watertekort wat sou kom. Ek het geluister en nou is daar nie ‘n water krisis by my nie. Selfs die geld om die werk te doen het in verskillende vorme beskikbaar geraak. Die Here leef waarlik!

Ockert ·

Hy is die Lewendige God, hy praat elke dag met ons. Prys Hom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.