ToekomsVenster: Praat met God oor jou uitdagings

swaar-hart-sonsondergang-01

Foto: Juanita Badenhorst.

As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. – Jak. 5:13

Swaarkry is deel van menswees. Gelukkig gaan dit nie altyd sleg nie maar die slegte gebeur ook met goeie mense. Dit help ook nie altyd om elke ervaring met waarom te begroet nie. Die eenvoudigste verduideliking vir die swaarkry in die wêreld is die nawerking van die sonde. Ons leef in ʼn gebroke en onvolmaakte bestel. Ons is nog nie in die hemel nie. Hier op aarde gebeur daar dinge wat ons ontstel en hartseer maak. Omdat ons in en uit geloof lewe weet ons dat God ons nie alleen los wanneer dit sleg gaan nie. Vir hulle wat die Here liefhet werk alle dinge ten goede mee sê die bekende teks.

Rom. 8:28 – En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Hy kan selfs dit wat ander bestem het om jou seer te maak en skade te berokken anders laat uitdraai. Die basis van hierdie verhouding is vertroue, oorgawe aan God en leef vanuit sy liefdevolle betrokkenheid by jou lewe elke dag.

Gelowiges het ʼn adres waar hulle hul lot kan beklae.
Daar word hulle verwelkom en nie weggewys nie.
Daar word hulle simpatiek aangehoor, getroos en bemoedig en perspektief gegee.

Jesaja 38:5 – “Gaan sê vir Hiskia: So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng.

Daar gebeur ʼn wonder wanneer ʼn mens met God praat oor jou uitdagings. Jy staan van jou knieë af op gesterk en bemoedig. Terwyl niks oënskynlik verander het nie het alles verander en dit sal duidelik word hoe God aan jou smeking aandag gee. Desperaatheid word in vertroue omgeskakel as ʼn mens die Here toelaat om beheer te neem. Ons moet net nie die mandjie spreekwoordelik weer optel en daarmee wegloop as ons gebid het nie. Laat die saak by die Here en kyk hoedat Hy verder onderneem. Die liedjie sê “burdens are lifted at Calvary. Jesus is very near”.

Psalms 10:17 – U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Spook ·

Ek het hom gese daar is nie iets soos spoke of onsigbare mense/gode nie. Hy se niks terug nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.