ToekomsVenster: Praat met mekaar

luister-beeld

Foto: Couleur/Pixabay.com

Lees: Esegiël 3:14-15:

“14 Die Gees het my opgetel en my weggevat, en ek is daar weg, swaarmoedig en ontsteld. Die mag van die Here het my op ‘n harde manier in besit geneem. 15 Ek het by die ballinge in Tel-Abib aangekom. Hulle het daar in die omgewing van die Kebarrivier gewoon, en ek het sewe dae lank verskrik daar tussen hulle gesit.”

Die bekende Suid-Afrikaanse skryfster, Ellen Kuzwayo, het gesê: “Afrika is ’n plek waar stories vertel word. Ons het mekaar se stories nodig as ons mekaar wil leer ken en waardeer. My storie is my bril wat ek vir jou aangee om na my lewe te kyk. En ek het ook jou bril nodig, as ek jou wil verstaan. Die maak nie saak hoe seer party van die stories maak nie; as ons mekaar wil verstaan, moet ons praat!”

Gesels met mekaar oor hoe ons in ons gemeenskap mense by mekaar kan uitbring – besigheidsmense, vroue, pa’s en ma’s, studente, kinders, alle moontlike groepe – om hulle sover te kry om met mekaar te praat. Jy sal verstom wees wat daar alles uitkom! Heling begin by simpatieke gesprekke.

Gebed:

O Hemelse Vader, help my om uit te reik na ander, om by mense wat ek nie so goed ken nie, mense wat anders as ek is, wat soms vir my ʼn bedreiging is, te gaan sit. Gee my ʼn oop gemoed en ʼn hart wat gewillig is om te luister. Help ons om mekaar raak te sien en raak te hoor. Help ons om mekaar te verstaan.

Leefwyse:

Die Here het ons in Sy diens toegerus met een mond en twee ore!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.