ToekomsVenster: Praktiese Christenskap


ToekomsVenster-2-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte. Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. – Romeine 12:20-21

Tony Compolo vertel die volgende verhaal. Ongeveer ’n half miljoen Amerikaners het in die Tweede Wêreldoorlog gesterf. Daarteenoor het tussen 30 en 40 miljoen Russe hulle lewens verloor.

Toe die verslane Duitse krygsgevangenes deur die strate van Moskou begelei is, was daar duisende Russe wat hulle uitmekaar wou skeur oor die pyn wat hulle die Russiese mense aangedoen het. Net die Russiese polisie het hulle weerhou om dit te doen. Tog breek een Russiese vrou deur die linie en hardloop met ’n stuk brood na een van die soldate. Skielik het baie ander Russe dit ook gedoen.

Hierdie daad van liefde is ’n illustrasie van die geweldige krag van die goeie wat die kwaad oorwin.

Ons weet nie wat die effek op die soldate was nie, maar ons weet dat Christene só behoort op te tree.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.