ToekomsVenster: Proporsionele offers

kerse-kerslig-02

Foto: Pexels/Pixabay.com

“Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie.” – 1 Korintiërs 16:1–4

Raak prakties

Weeklikse offergawes help verseker die gelowige om sistematies te kan gee. Dit verseker ook selfdissipline, barmhartigheid en goedheid. Maak offergawes deel van jou week om ook só jou verantwoordelikheid teenoor die in nood na te kom.

Iets om oor na te dink

Die hoeveelheid geld wat benodig word om armoede in ons land te verlig is astronomies. Hierdie waarheid kan verlammend wees omdat ’n mens verlore kan voel as gevolg van die groot uitdaging. Om sake nog meer te kompliseer, besef alle gelowiges dat daar meer nodig is as net offergawes om armoede te verlig. Die vraag is wat meer ek kan doen om armoede te verlig as om net offergawes te gee?

Gebed

Here, die uitdagings van ons tyd maak my soms bang. Ek bid dat U my sal help om nie fokus te verloor nie, maar dat ek my oog elke dag op U sal hou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.