ToekomsVenster: Protes … en stilte

protes-aksie

Foto: Niekverlaan/Pixabay.com

“Praat vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat ten gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan armes en ellendiges.” – Spreuke 31:8-9

“’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed.” – Johannes 10:10

Die Duitse teoloog, Jürgen Moltmann, praat van die kruis as God se protes teen die dood. Waar ons stilbly as volgelinge van Jesus, laat ons toe dat doodsmagte ons stede en dorpe infiltreer om die lewe uit mense – meestal klein mensies – te wurg. Jesus praat van die doodsmagte as die dief wat kom om te steel, te slag en uit te roei. Gelowiges protesteer, op ons eie en saam met ander mense, om die dief aan die kaak te stel, om die dood te weerstaan. Gelowiges protesteer as ’n manier om die lewe aan te kondig, om ’n alternatief te verbeel.

Ons protesteer, want Jesus het reeds slegte mag aan die kaak gestel. Ons koggel die laaste stuiptrekkings van sulke mag. En droom van nuwe tafels.

Dink hieraan

Dink hieroor na: is daar ’n saak in jou gemeenskap waaroor jy / jou gemeente moet protesteer?

Raak betrokke by ’n spesifieke saak waar onreg mense seermaak en vind kreatiewe maniere om by hierdie mense te staan – as vriende en vennote.

Gebed

Here, breek die stilte. Help ons om die dief om ons, by ons en in ons raak te sien. Ontwapen die dief. Staan op in ons! Gee lewe! Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.