ToekomsVenster: Prys die Here weer en weer


gebed-02

Foto: Mleonascimento0/Pixabay.com

Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf!
Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid!
Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier!
Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite!
Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale!
Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here! – Psalm 150:1-6

Wat ʼn manjifieke manier om die Psalmbundel mee af te sluit. Ná alles wat gesê en gesuggereer is, ná al die trane en vreugde, die vertwyfeling en desperate soeke na hoop en dan weer die geloofsuitdrukkings en vertroue, word die geloofsbestemming en oriëntasie van geloofsgenote opgesom met ʼn allesoorheersende luidkeelse lofverheffing.

Oor en oor kom dit, prys die Here. Oor sy skepping, sy heilsdade, sy grootheid. Gryp die potte en panne, die messe en vurke, die koppies en pierings, die hande en voete, die boeke en koerante, die stokke en stompe, alles wat ʼn geraas kan maak, en prys die Here God almagtig. Hy wat was en is en sal kom. Hy, die blink môrester, die begin en die einde, die alfa en omega, Hy ons alles. Prys sy Naam. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard ·

Dit is so waar,ons moenie skaam wees om Hom te prys nie.Hy betoon onverdiende genade elke dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.