ToekomsVenster: Prys die Here


Oorgawe-aan-Jesus

Argieffoto.

Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente. – Psalm 111

Uitkyk oor ʼn gemeente kan somtyds ʼn hartseer ervaring wees.

Somberheid is duidelik leesbaar op die gesigte van baie mense. Ek wonder soms of ʼn ongelowige wat die erediens besoek op grond van die liggaamshouding en gesigsuitdrukking van mense tydens hul lof en aanbidding sou aflei dat God regtig lewe en dat die mense bly is om met Hom in ʼn verhouding te staan.

Ek weet ʼn mens moet versigtig wees om liggaamshouding sondermeer te interpreteer en ek het my al verrassend misgis daarmee.

Tog, sommige mense staan met gevoude arms en rondkyk. Ander prewel hier en daar ʼn woord belangeloos saam. Ander sing glad nie.
“Miskien ken hulle nie die liedere nie, dalk is hulle besoekers.” Op dié manier probeer ek die saak vir myself draaglik maak.

Ai, ons God verdien beter. Die digter praat van “met my hele hart wil ek…”. Hier is sprake van ʼn wilsbesluit, ʼn stuk dissipline, ook ʼn voorreg en opgewondenheid.

Ek is so bly die bordjie “STILTE KERK” is nie meer voor die meeste kerkgeboue nie. Lyk my net sommige lidmate weet dit nie.

LOFSING DIE HERE, DIE EWIGE, SING TOT SY ERE! LOFSING DIE KONING, DIE SKEPPER,DIE VADER, DIE HERE! LOOF ALMAL SAAM; GROOT IS SY HEILIGE NAAM ! LOOF HOM, DIE HEER VAN DIE HERE!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oudste ·

Amen en Shalom! Basuin Sy Naam uit met trompet, siter, lier, tromme, kitaar, alle musiek instrumente en stemme van Sy kinders. Hy het nie gese sing saam indien jy ‘n musikale stem het nie, sing, sing en SING! Hy sien jou hart!

Attie ·

Ja dis lekker om die Here te dien en ons moet die Here loof – want die Here woon onder die lofsange van Sy kinders (Ps 22 : 4 )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.