ToekomsVenster: Psalms vir die toekoms

beleef-jou-wereld

Argieffoto.

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. – Psalm 1:1

“Hoe gaan dit met jou?”  Dis mos die aangewese manier om ‘n gesprek met iemand te begin.  (Dit gee gewoonlik aanleiding tot groot frustrasie op inbelprogramme op radio waar die onderhoudvoeder tog net wil hê dat inbellers by die tema van die uitsending moet bly!  Dink net hoe gefrustreerd Nicki vd Berg geraak het, ….en ook “sit net af jou radio.”)

Maar min van ons gee regtig om hoe dit met ander gaan.  Die lewe is te ene male te haastig en ons eie program te besig om regtig by ander stil te staan.

Dis eintlik ‘n gevaarlike vraag om te vra as jy nie bereid is om met dit wat die Here aan jou toevertrou het behulpsaam te wees om ander se leefwêreld en uitdagings makliker te maak nie.

Die Psalmdigter gee ‘n belangrike sleutel tot die groot lewensvraag: “Hoe kan ek seker maak dat dit goed gaan met my en met ander?”

Die antwoord ontnugterend eerlik en op die man af, gee aan God se Woord (Sy wil, plan, gedagtes, karakter) eerste plek in jou lewe.  Doodgewoon dus, terug na die Woord van God.

ToekomsVenster wonder oor die toekoms en die uitdagings wat dit mag bied. Dit vra watter toerusting en lewenskwaliteite nodig is om gelowiges toekomsparaat te maak.  Die Psalmdigter help ons, hy sê onomwonde, sit God terug in jou lewe, verhouding, onderhandelinge, besigheid en besigwees, spel, studies, menswees.  Dan sal dit goed gaan.

  • Besoek die ToekomsVenster-inisiatief se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cathy Kotze ·

Dis ‘n foto van ‘n toneel uit “Hawaii Five-0. Het dit betrekking?

Sune van Heerden ·

Dagsê Cathy en Rijako

Ons vra groot om verskoning vir die flater wat ingesluip het.
Ons het natuurlik gelad nie bedoel om enige skermskoot uit ‘n televisieprogram te publiseer nie!
Dankie dat julle ons daarop gewys het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Cathy

Ons vra groot om verskoning vir die flater wat ingesluip het.
Ons het natuurlik gelad nie bedoel om enige skermskoot uit ‘n televisieprogram te publiseer nie!
Dankie dat julle ons daarop gewys het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

HEVW ·

Verlig om te hoor dit is n foto uit n toneel en nie in n werklike erediens nie. Daar is iemand wat darem karig gelee is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.