ToekomsVenster: Ras, klas en geslag – sake vir dissipels van Jesus

woud-pad-reis

Foto: Wild0ne/Pixabay.com

“Toe het God gesê: Kom Ons maak die mens as Ons verteenwoordiger, Ons beeld… God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep…” – Genesis 1:26-27

Wanneer ek kies en keur, sê ek eintlik vir God: wat U hier gedoen het, was sleg; doen dit oor!

Ons samelewing word steeds geteister deur vooroordeel op grond van mense se velkleur, haartekstuur, inkomste, model motor, seksuele oriëntasie, ouderdom of voorstad. Ons besluit of iemand meer of minder werd is op grond van sulke “in” of “uit” lysies.

Dink hieraan

Dink ’n bietjie, as Jesus hier by ons was: sou dit Jesus nie diep seergemaak het as Hy om die tafel saam met ons moes sit en ons gesprekke en lysies moes aanhoor nie?

Maak ’n doelbewuste besluit om in jou gesin en gemeente moeilike gesprekke met mekaar te voer oor kwessies soos ras, klas en geslag – onder die leiding van God se Gees.

Gebed

Dankie dat U my gemaak het na U beeld; en dankie dat elke ander mens wat op die aarde loop ook so gemaak is. Maak my vry van my vooroordeel en help my om U te sien in die gesig van elke ander mens. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christine ·

Dit is so pragtig en so waar en ek maak ook hierdie gebed my eie dat ek altyd deur ander sal sien deur die oe van Jesus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.