ToekomsVenster: Regtig, ’n hele nag?

kruis-gebed-berg-mis

Foto: Jacob Meyer/Unsplash.com

“In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.” – Lukas 6:12

Hy het seker met sy Vader gepraat oor die voorbereiding wat nodig is dat sy dissipels met die taak kan voortgaan. Hy het gebid vir harde en onsimpatieke harte, vir leiers wat mense misbruik het.

Jesus het selfs vir ons gebid omdat Hy uiteraard meer en beter verstaan het as enige van ons.

Langer bid kom met tyd. Alle verhoudinge groei en daar is al hoe meer waaroor ’n mens wil gesels. Jy geniet dit tog in die teenwoordigheid van jou geliefde en wil jou lief en leed met daardie persoon deel. Dit is ook waar van ons verhouding met die Here.

Dit is wonderlik wanneer ’n mens begeer om meer tyd met die Vader deur te bring. Maak die tyd interessant en ’n belewenis. Sing, lees, luister, mediteer, wees stil, praat hardop, dan sag, na buite en dan binne, sit in verwondering en wees rustig.

Gebed

Here, ek sukkel om selfs langer as ’n paar minute intelligent en ononderbroke
te bid. My gedagtes dwaal en ek dink aan soveel dinge. Help my om te konsentreer. Leer my om te bid.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maria ·

Soms wonder ek maar net as christene kan regkry om n voorbeeld te he om hele nag kan aanbid so Jesus Hoeveel ure kan ons deur die nag op tegnologie “fone,tv en rekenaars ens” spandeer Skudig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.