“Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’ “So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste.” – Lees Matteus 20:13-16
Die wêreld beoordeel mense van eerste tot laaste. Die wêreld plaas mense in rye, want dan kan jy vasstel wie eerste en laaste is. Maar in God se koninkryk werk dinge anders.
God plaas mense nie in rye nie, maar in sirkels. En in ‘n sirkel vat almal hande. Wie is nou eerste en wie is laaste? Almal is gelyk. Niemand staan nader of verder van Hom wat in die middel staan nie!
Dis hoe God se regverdige liefde werk.