ToekomsVenster: Respek, ‘n kernwaarde vir ons tyd


windpomp

Foto: Argief.

Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo. Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie. Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ‘n opregte hart uit eerbied vir die Here. – Lees Kolossense 3:18-22

Respek het baie met eerbied en liefde te doen (Kol 3:18-19). Gehoorsaamheid aan gesag (vers 20,22) is die praktiese uitlewing daarvan.  Om respek aan iemand wat onder jou gesag staan te betoon, is bewys dat jy jou plek voor God verstaan en dat jy Hom respekteer (vers 21, 4:1).

Ek het erens gelees dat respek ook te doen het met vriendelikheid, geduld, met ‘n goeie glimlag, met ‘n warm handdruk, met ‘n sagtheid van taal en groet, met ‘n eerbied in houding, soms met min praat, met baie luister, met erkenning. Dit het soms met heel eenvoudige dinge te doen, soos om iemand toe te laat om voor jou by ‘n deur in te stap, soos om nie onwettig op die parkeerplek van ‘n gestremde te gaan stilhou nie. Eerbied vir ander en hul waardigheid behels om jou woorde te tel, om sensitief te wees vir die een wat agterbly, wat arm is, wat gestremd is, wat oud is. Dit is om oop te wees vir die ander een in sy menslikheid, vir die ander as jou ewebeeld wat geregtig is op jou respek en erkenning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sakkie du Plooy ·

Waar respek ‘n integrale bestanddeel van enige verhouding is werk die verhouding. As ons kan regkry om respek te betoon in die houding van ouers teenoor kinders, werkgewers teenoor werknemers (en andersom) en man en vrou in ‘n huwelik teenoor mekaar, sal ons wêreld dramaties verander. ‘n Populêre idee bestaan dat “respek moet deur die ander verdien word”. Wel? Dit mag gebeur maar hoef nie ‘n voorwaarde te wees vir respekbetoning nie. Ons kan egter hard daaraan werk om respek vir die ander by onsself te laat groei en om dit doelbewus konskwent toe te pas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.