ToekomsVenster: Rig jou gedagtes op Sy liefde

(Foto: Gaelle Marcel/Unsplash)

Julle gees en gedagtes moet nuut word. – Efesiërs 4:23

Ons gedagtes lei ons somtyds, dalk heel dikwels na plekke waarop ons nie trots is nie; ons kan met mekaar daarin identifiseer. Trouens, somtyds wonder ’n mens hoe dit hoegenaamd moontlik is dat jy as Geesvervulde kind van die Here sulke negatiewe, afbrekende, selfsugtige en selfs onreine gedagtes kan koester.

Jy wonder waar dit vandaan kom en wil amper jou vrymoedigheid voor God verloor.

Mens kan egter nie help wat by jou opkom nie. Dit is inderdaad wat jy met die gedagtes maak.

Jakobus 1:13 tot 15 help ons in die verband: Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

Paulus leer ons in Romeine 12 dat ons denke, ons gedagtes onder invloed van die Heilige Gees vernuwe moet word: Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Dit is inderdaad nie iets wat ’n mens op sy eie kan regkry nie, maar hy moet hom aan die kragtige werking van die Heilige Gees onderwerp.

Kol. 3:2 – Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie

2 Tess. 3:5 – Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Heilige Gees ek bid dat U elke negatieweg gedagte wat nie U wil is nie sal vasvang en vernietig….ek loof en prys U kosbare Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.