ToekomsVenster: Riglyne vir die toekomspad

Foto: pixabay.com

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. – 2 Kron. 7:13-14

As mense wat erns maak met die lewe, soek ons in die Woord van die Here na riglyne wat ons op die toekomspad kan begelei. Ons doen dit veral met die uitdagings wat ons tans in Suid-Afrika, maar ook in ons persoonlike lewens beleef.

Die Here, in gesprek met koning Salomo en sy volk, sê as’t ware dat, as dinge deurmekaar, ontstellend en buitegewoon uitdagend raak, soveel so dat hul voortbestaan bedreig word, moet hulle begin vra hoe die Here met hulle op pad mag wees.

Dit is dan dat die gehalte en aard van die volk se verbintenis aan die Here onder die soeklig kom.

Ek wonder of jy die illustrasie van die driehoek wat verband hou met huwelik ken?

Konstrueer ʼn driehoek in jou gedagtes met die drie partye tot die huwelik, God, man en vrou as die onderskeie verwysingspunte. Hoe nader man en vrou aan God lewe, hoe nader kom hulle aan mekaar.

Dit is ʼn baie sinvolle oefening om te doen, veral wanneer ʼn mens ervaar dat jou huwelik nie meer so gesond is nie. Dit vra ʼn stuk eerlikheid maar is die moeite werd.

Dalk is iets daarvan van toepassing op ons konteks in Suid-Afrika. Hoe nader ons, sy kinders en sy volk, aan God leef, hoe nader kom ons aan mekaar as medemense, veral in ʼn diverse omgewing wat maklik aanleiding gee tot konflik en misverstand.

Ons word opgeroep om navraag en introspeksie te doen, individueel en korporatief.

Ver van die Here, van mekaar.

In oordragtelike sin, as ons daarin slaag om nader aan God te beweeg kom ons ook nader aan mekaar as medemense wat een spasie, Suid-Afrika, met mekaar deel.

Diversiteit vra vir begrip, liefde, omgee en verdraagsaamheid.

Skryf gerus vir ons [email protected]. Ons hoor graag van jou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Von ·

Here U wat die Kenner van harte is…gee vir ons nuwe harte, nuwe gedagtes, by U Here le ons heil….help ons O Heilige Gees waar ons so ver te kort skiet…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.