ToekomsVenster: Rigtingwysers na die hemel

reenboog

Foto: Kevin_John_Mauricio/Pixabay.com

… laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. – Matteus 6:10

Hemel en aarde het alles met mekaar te make. Jesus leer sy dissipels om te bid vir hemel op aarde. Dis vreemd, maar waar.

Ons is so geneig om ons hoop iewers in die toekoms te plaas. Iets daarvan is waar, daar kom ʼn dag wanneer God “alles en in almal” sal wees en wanneer die heerskappy aan die Vader gegee sal word.

Ons leef egter in die sogenaamde “tussentyd”.

Dit is die tyd tussen die eerste en tweede koms van die Messias-koning.

Die eerste keer het Hy gekom om te sterf en die prys vir ons verlossing (toegang tot die koninkryk) te betaal. Die volgende keer wanneer Hy kom, is dit om die oordeel te voltrek teenoor almal wat Hom verwerp en verloën het. Dan kom Hy as die Koning van die koninkryk.

Ons bid dat hemel op aarde sal kom. My professor het gesê ons rig “tekens van die koninkryk” op.

Hemel en koninkryk is sinoniem met mekaar. Hemel is gerealiseerde koninkryk, dis die ewige koninkryk in die volle en volste sin van die woord.

Ons is rigtingwysers na die hemel deurdat ons die kenmerke, eienskappe en deugde van die hemel nou reeds op aarde begin vestig, verbeeld en uitleef.

Hoe is ons daarmee besig?

Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” – Matteus 4:17

Onthou die nasionale gebedsinisiatief:

25 Mei (Hemelvaart) en die tien dae van Pinkster (tot 4 Junie)

Bid by jou werk, besigheid, kantoor, klaskamer, lesinglokaal, inkopiesentrum, gimnasium.

Bid alleen en saam met mense (veral onbekendes).

Bid dat Suid-Afrika genees mag word.

www.sapray.co.za of laai die Toekomsvenster-app af.

Registreer as gebedsvennoot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MCH ·

Ai, ek het altyd gedink ek verstaan nie die Woord nie, want wat ek lees en wat gepredik word, verskil soos dag en nag. Hier is nou weer n sprekende voorbeeld waar beweer word dat Jesus met sy tweede koms, kom om te oordeel die wat Hom verwerp en verloon het. Eerstens, is daar meer as een opstanding van die dooies. Openbaring 20:6 ” Salig is Hy wat deel het aan die eerste opstanding”. Waneer Jesus weer kom staan slegs die wat in Hom gesterf het op en diegene in die lewe, word in n oogwink verander en saam gaan hul Hom tegemoet in die lug. Dan gaan hul saam met Hom wanneer Hy op die Olyfberg land en Sy Koninkryk hier op aarde oprig. Hul sal saam met Hom as priesters en Konings heers, hier op aarde. Die nuwe Jerusalem daal vanuit die hemel neer op aarde. Die moeilikheid kom na die duisendjarige ryk wanneer Satan vir n kort tyd losgelaat word, voordat hy in die poel van vuur gegooi word. Wat van die miljoene mense wat nog nie eers gehoor het van Jesus nie? Die God wat ek dien is regverdig en sal elkeen n kans gee om n keuse vir of teen Hom te maak voor die finale oordeel.

Maryn van wyk ·

Daar gaan n groot herlewing binnekort kom,waar ,duisende mense hul sal bekeer agv die verdrukking waar hul in is, maw almal die woord hoor en geen verskoning he

Maryn van wyk" ·

Mag SA se mense wakker word en waarlik n diepe bekering tot God….dit sal dine verander. Bely jou sonde, doop, streef vrug vd Gees na…..los jou ou sondige matuur agter en kyk na die wonderwerk wat sal gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.