ToekomsVenster: Roep jy totdat Hy hoor?

gebed-stad-sonsondergang

Foto: Nathan Dumlao/Unsplash.com

Daarna kom hulle in Jerigo aan. Toe Jesus en sy dissipels en ‘n aansienlike menigte weer daarvandaan verder gaan, sit daar ‘n blinde bedelaar, Bartimeus, seun van Timeus, langs die pad. Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” Baie mense het met hom geraas en gesê hy moet stilbly. Maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” Jesus het gaan staan en gesê: “Roep hom nader.” Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Hou moed! Staan op! Hy roep jou.” Hy het sy bokleed net daar gelos en opgespring en na Jesus toe gegaan. 51Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan. – Markus 10:46-52

Wat sou in die blinde Bartemeus se gedagtes aangegaan het toe hy verneem dat Jesus daarlangs kom? Hy het homself dit sekerlik voorgeneem dat Jesus gaan kennis neem van sy nood en iets daaraan doen. Hy sou beslis nie hierdie geleentheid mis nie, ongeag wat die mense dink en sê.

Toe Jesus verbykom begin hy roep. Die mense maak hom stil. Waarom sou hulle so iets doen?

Miskien was hulle so oorweldig deur die gebeure dat hulle nie daaraan gedink het nie. Miskien het hulle die gevaar geloop om nie te hoor wat Jesus sê as Bartemeus so onbeskaamd roep nie.

Bartemeus is beslis. Jesus gaan van my kennis neem. Elkeen wat klop, elkeen wat vra, elkeen wat soek. Dis presies wat Bartemeus doen.

Hoe beslis is jy dat Jesus van jou “kennis” neem?

Iewers bid Jakob dat hy die Here nie sal los voordat hy geseën is nie. Iewers dring ʼn vrou deur ʼn skare mense net om aan sy mantel te raak. Iewers laat ʼn paar vriende hulle nie intimideer deur die skare nie maar laat hul vriend deur die dak afsak. Iewers klim ʼn tollenaar in ʼn boom om Jesus te sien. Iewers klop ʼn vrou middernagtelike ure aan vir ʼn stukkie brood. So kan ons aangaan.

So val melaatses, blindes en dowes voor Hom neer. Hulle is beslis en desperaat. Jesus gaan van hulle kennis neem.

Wat van jou?

Is daar ʼn dringendheid in jou gees wanneer jy Jesus in besonder nodig het? Hoe beslis is jy dat Hy jou moet hoor en help? Roep jy totdat Hy hoor en van jou notisie neem?

Die blinde word raakgesien en Jesus roep hom. Ek sou dink dat Jesus na die man toe loop. Na alles hy kan nie sien nie. En tog kom hy by Jesus uit. Miskien wou Jesus iets demonstreer van hierdie man se geloofsvertroue.

Dan vra Jesus wat hy van Hom wil hê. Is dit nie duidelik nie. Miskien was dit sy oë, miskien was dit sy staf, miskien was dit sy struikeling oor ʼn klip of hindernis in die pad, maar Jesus kon tog sekerlik sien wat hierdie man ooglopend nodig het. Na alles, Jesus weet alles.

Om jou nood te verbaliseer is ʼn baie belangrike stap van genesing. Al weet Jesus presies wat nodig is bring jou onder woorde bring van jou nood perspektief as jy dit onder woorde bring. Ons gebede is so algemeen. “Wees met ons of wees met hulle”.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bertie ·

Amen! ons moet net onthou om Jesus nie as spaar- OF noodwiel te gebruik nie, maar HOM te alle tye aanbid en eer!
Dankie julle vir elke dag se Woord!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.