ToekomsVenster: Rompslomp

(Foto:
Ümit Bulut/Unsplash.)

Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ‘n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. – Rom. 6:13

Die  Covid-19-krisis konfronteer ʼn mens met ʼn elle lange lys van rompslomp. Sonder om die nodigheid van sommige reëlings wat in plek gebring is te ontken het ʼn mens tog die ervaring dat sommige reëls en regulasies effens onnodig en kortsigtig is. Volgens die media is dit ʼn frustrerende oefening om selfs permitte te verkry om die mense wat voedselnood het te help. Die, volgens die media, bykans drie kilometer lange ry van rondom 8 000 mense wat wag op ʼn voedselpakket digby Centurion, is ontstellend en hartseer.

Die beste stuurman staan aan wal en daarom wil ek my nie skuldig maak aan dinge waarvan ek nie veel weet nie.

Sonder vrees vir teëspraak glo ek dat Suid-Afrikaners met reikhalsende verlange uitsien na bewegings- en keuse van vryheid.

Rompslomp maak dat ʼn mens nie aan die gang kan kom met dit wat regtig van belang is nie. Die vraag is in watter mate ons eie persoonlike rompslomp ons verhinder om God se bedoeling met ons lewens te bereik.

Rompslomp kom in vele gestaltes. Traagheid is een gestalte daarvan. Uitstel hang daarmee saam.

Omslagtige besluitneming wat uiteindelik tot niks kom nie. Draaie gooi rondom ʼn saak sonder dat iets daarvan kom. Elle lange besprekings wat net ʼn verskoning vir onwilligheid is. Verskonings waaragter ongehoorsaamheid weggesteek is. Reservasies as dekmantel vir vooroordele, agterdog en vrees. So gesien kan bid om leiding, hoe noodsaaklik ook al, niks anders as rompslomp wees nie. Immers, God se bedoeling vir ons lewens is duidelik.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.