ToekomsVenster: Saam met Jesus

(Foto: @karim_manjra/Unsplash.)

By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie. Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is ‘n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe. – Hebr. 2:8-9

Eendag sal al hierdie dinge vir ons glashelder wees. Tot dan hou ons vas aan die belofte en die geloofwaardigheid van God se Woord.

Hierdie onderwerping sal alles insluit. Dit sal omvattend en inklusief wees.

Wat belowe word moet egter nou reeds, weliswaar in embrionale gestalte, begin manifesteer.

Ons is nie sonder gesag en geestelike invloed in hierdie wêreld nie. Ons het die Gees, die Heilige Gees, dieselfde Gees wat Jesus uit die dood laat opstaan het. Ons kan nee sê, ons kan ja sê. Ons kan in die Naam van Jesus Christus bid, ons kan die bose weerstaan. Ons kan inisiatief neem, ons kan nuut skep en gestalte gee aan Koninkryksprojekte. Ons kan die sonde en verkeerde weerstaan, ons kan profeties verkondig so sê die Here. Ons kan verklaar genoeg is genoeg. Ons kan die bose aan sy toekoms herinner. Ons kan ons gawes entoesiasties uitleef. Ons kan die duisternis die stryd aansê, die volle wapenrusting van God aantrek, die gebed van geloof bid. Ons is nie magteloos, oorgelewer of slagoffers nie.

Ons oefen om ons toekomstige taak weldra te omhels en daarmee besig te wees en bly.

Ons sien nie dat alles aan die mens onderwerp is nie maar ons sien Jesus. Nadat Hy getrou was in die opdrag wat sy Vader Hom opgedra het sit Hy in heerlikheid aan die regterhand van die Vader. Hy regeer. Die doderyk kon Hom nie hou nie. Hy kom eendag as Koning van die Konings. Elke knie sal buig en elke tong sal bely.

Ons gaan ook heers. Weliswaar nie soos Jesus en as Jesus nie maar saam met Jesus.

Sjoe, ek wens ek verstaan beter.

Mag jy ook daaroor opgewonde raak.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.