Simeon is self nie meer ʼn jong man nie, hoewel die Bybel nie vir ons vertel hoe oud hy was nie. Die Heilige Gees het aan hom openbaar dat hy nie sou sterf voordat sy oë die verlossing gesien het nie. Wanneer hy Josef en sy jong bruid saam met die pas gebore seuntjie by die tempelkompleks ontmoet, getuig die Gees dat dit inderdaad die oomblik was waarvoor hy gewag het. Hy dank God en spreek sy tevredenheid uit. Nou kan hy maar sterwe, want hy het die Verlosser en verlossing self ontmoet.
Nuwe-Testamenties het ons reeds saam met Jesus gesterf toe Hy aan die kruis vasgenael is. God roep ons daarom veel eerder om vir Hom te lewe, noudat ons die verlossing beleef het.