ToekomsVenster: Sit ’n nuwe bril op


bril

Romeine 12:2 … maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.

Omskrywing: Jy word al meer bewus van die konteks waarbinne die Bybel ontstaan en waarbinne jy as gelowige leef. Jy ontwikkel nuwe sleutels wat jou help om die Bybel beter te verstaan. Wie sy nuwe bril opsit, kan nuut begin kyk na sy eie omstandighede en leer om sy omstandighede te verander.

Mense wat bril dra sal die gewoonte waardeer. Hulle sal weet hoe belangrik dit is om gereeld jou bril skoon te maak of om ’n nuwe bril te kry. Sit ’n nuwe bril op, vra dat ek en jy nuut sal kyk na goed. ’n Nuwe bril help jou om “ou” goed weer op ’n ander manier raak te sien.

’n Nuwe bril gaan jou dalk help om die boodskap wat God vir jou het, raak te sien. Wat is God besig om vir jou te sê? (Dalk by herhaling). Wat kan jy verander, nuut leer of by herhaling bevestig?

Geloofsgewoonte: Om vreugde te vind in nuwe ervarings en nuwe kennis te hê.

Iets om vandag te doen:

Om doelbewus nuwe ruimtes te betree en nuwe ervarings te beleef. (Is daar iemand wat jy net van sien ken maar wat van ’n ander ras of geloofsoortuiging is as jy? Waarom gaan praat jy nie met hom / haar nie? Doen moeite om te luister en kyk of jy die “ander” standpunt kan verstaan en insien.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Natasha Esterhuizen ·

Dankie vir die boodskappie. Dis altyd goed om die boodskappies te lees. Partykeer is dit goeie kos vir die siel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.