ToekomsVenster: Skattejag

ou-geld

Foto: Pixabay/Pexels.com

“Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.” – 1 Timotheus 6:10-11

Waaroor dink jy het Jesus meestal gepraat naas die Koninkryk van God? Dalk oor liefde, vrede, die hemel of hel? Nee, oor geld, kan jy dit glo? Byna die helfte van Jesus se gelykenisse, stories, aanhalings en spreuke praat direk oor geld, byvoorbeeld: die kosbare pêrel, die verlore muntstuk, die silwer talente, die verlore seun se verkwisting van sy erfenis, Lasarus en die ryk man, die dag-arbeiders in die wingerd, die weduwee se twee muntstukke, belasting, die ryk jong man, Saggeus die tollenaar, ensovoorts.

Om geld te besit, is nie die probleem nie; wanneer geld jou besit, raak dit ’n afgod.

Wat doen jy en jou gemeente met jul geld, vaardighede, netwerke, invloed, gawes, talente wat God uit Sy genade vir jou / julle skenk?

Dink hieraan

Dink hoedat geld en die beheptheid wat daarmee saamgaan in Suid-Afrika, veral onder sommige leiers, endemies geraak het.

Die uitspeel daarvan is verdere armoede vir dié wat afhanklik is van maatskaplike sorg en bydraes. Dienslewering bly agter omdat geld wanbestee word en in die verkeerde sakke beland.

Geld is ʼn gawe en moet soos enige ander gawe ook in belang van ander aangewend word.

Gebed

Here, asseblief, help my om meer vrygewig te wees en nie vir geld enige mag oor my geluk of prioriteite te gee nie. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.