ToekomsVenster: Skepping, kultuur en gestuur


all-free-download.com

all-free-download.com

Romeine 14:2 Een glo ’n mens mag alles eet; ’n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem.

Ons het gister verduidelik wat bedoel word met die perfekte storm. Wat bedoel ons met kultuur? Elke konteks het sy eie bepaalde kultuur. In hierdie boek verstaan ons kultuur as alles. Dis die manier hoe ons eet en drink, kuier, werk en gesels. Die kerk kan nie losgemaak word van die kultuur van sy lidmate nie.

Ons verstaan nie meer kultuur soos voor 1920 nie. Kultuur is toe nie verstaan as ’n manier van onderskeid maak nie – as jy kultuur het, is jy iemand wat geleerd is en daarom ook gekultiveerd. Kultuur is alles wat jy doen. Kultuur is die wyse waarop jy praat, uitdrukkings gebruik, maar dit is ook die manier waarop jy leef. Vir ons gesprek beskou ons dus kultuur as die samebindende krag of eienskappe wat mense deel.

Die kultuur kan nie losgemaak word van die skeppingsopdrag dat ons die aarde moet bestuur en daaroor moet heers nie. Ons beoefening van ons verskillende kulture (een glo jy mag alles eet en ’n ander glo weer iets anders) kan nie losgemaak word van ons gestuur wees nie. Skepping, kultuur en gestuur wees, is dus baie naby aan mekaar.

Gebed:

Here help ons om mense te verstaan. Mense wat uit verskillende kulture kom en elkeen dink sy goed of die manier wat hy iets doen is die beste en belangrikste.

Help my om situasies en gesprekke met begrip te hanteer. Amen.

Leefwyse:

Wat is vir jou belangrik in die lewe? Wat dink jy is vir julle as vriendekring belangrik? Hoe pas geloof hierin? Wat dink jy is die verhouding tussen geloof en kultuur?

Iets om vandag oor na te dink:

Hierdie teks druk die vinger op ’n seer plek. Elkeen dink sy manier van doen is die belangrikste. Google ʼn bietjie kulture van die wêreld. Watter kultuur dink jy is die beste? Dink jy ons geloofskultuur waar ons vir mekaar sekere struikelblokke in die pad sit soos “jy mag nie dit eet of so maak nie” – is goed? Wat sal jy wil verander?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.