ToekomsVenster: Skulderkenning


hande

Foto: Argief.

As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. – Lees 1 Johannes 1:8-9

God se vergifnis is nie afhanklik van ons skuldbelydenis nie. As Hy afhanklik sou wees van ons belydenis, sou ons ‘n invloed kon uitoefen op sy genade. Ons sou dan ook gereeld twyfel of ons dan genoeg bely het. So word skuldbelydenis soos goeie werke waarmee ek God sou wou beïnvloed.

God verwag wel ons skulderkenning. Ons kan verseker weet dat ons nie ‘n kat se kans het om ons onskuldig te pleit in God se hof nie (1 Joh 1:8). En as ek nie besef dat ek gefouteer het nie sal ek tog nie staatmaak op sy vergifnis nie. Johannes verduidelik dat wanneer ons skuld erken, ons die versekering het dat God sy belofte hou en ons vergifnis skenk (vers 9). By God hoef ons nie nog ‘n boete te betaal nie. Ons moet net terugkom in die lig. Om verkeerd te kies (sonde), is om in die duisternis te leef. God is in die lig. Die lig is waar die liefde uitgeleef word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.