ToekomsVenster: Skuldgevoelens


skuldgevoelens

Foto: Redeeminggod.com

Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring.  As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan… – Lees 1 Johannes 3: 18-21

Gister het ons nagedink oor wat die emosionele uitwerking is van verkeerde keuses in jou lewe.  Vandag sluit ons daarby aan en kyk ons na die invloed wat jou gewete het op jou verhouding met God.

‘n Mens se gewete het te doen met selfkritiek.  Dit wys wat jou innerlike standaarde is.  Dit is die stem in jou hart wat vir jou sê of jy op koers is met jou lewe.

Johannes help ons om te verstaan dat ‘n mens se gewete ten doel het om ons aan te spoor om die regte dinge te doen.  Dit is baie belangrik dat ons liefde oorgaan in dade. Solank dit nie gebeur nie sal ons gewetens (harte) ons aankla.  As jy dus dinge doen wat ooreenstem met dit wat jy sê, sal jou gewete rustig wees (1 Joh 3:18-19).  Johannes verduidelik dat liefde wat oorgaan in dade ‘n mens se gewete rustig maak.  Dit herinner ons ook daaraan dat ons aan God behoort, want ‘n liefde wat uitmond in dade is ‘n lewe binne God se wil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.