ToekomsVenster: Skuldig voor God én mekaar

verlore-seun

Foto: Pixabay/Pexels.com

Lees: Lukas 15:21-24:

“21 Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ 22 Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ‘n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23 En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.”

Dit maak nie saak hoeveel keer jy dit lees of die verhaal hoor nie; wanneer die verlore seun voor sy pa neerval en uitroep: “Ek het teenoor God en teenoor Pa gesondig!” gryp dit jou aan. (Lukas 15:11-32). In Sy gelykenis het die Here vir Sy dissipels vertel watter lang en pynlike pad die jong man moes stap, voordat hy uiteindelik sy skuld en sy sonde erken het, voordat hy nie anders kon as om terug te haas na die huis van sy vader nie.

In ons land en ons omstandighede is dit nie anders nie. Daar loop baie skuldige mense rond! Om die waarheid te sê, ons almal deel in die skuld. Voor God en ons naaste is almal van ons in die beskuldigdebank. Hoe wonderlik dat ons vir onsself en vir almal om ons die goeie nuus kan deurgee, die nuus waarvan die Skrifgedeeltes hierbo vertel: Die Vader wag ook vir ons met ope arms. Hy het Sy Seun ook vir ons aan die kruis laat spyker. “Oor ons oortredings is Hy deurboor, oor ons sondes is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom; deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jes. 53:5)

Gebed:

Vader God, soos die verlore seun, erken ek my skuld voor U. Vergewe my en verwyder die skaamte wat oor my hang. Dankie dat Jesus die skande van die kruis verduur het sodat ek ook vry kon kom. Vul my hart met vreugde.

Leefwyse:

Die Onse Vader-gebed “Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe”, het groot implikasies vir jou lewe.

Om oor na te dink:

As jy die verhaal van die verlore seun in ons dag en in ons konteks moes oorvertel, hoe sou jy dit doen?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Vrygespreek en vergewe sover ek menslik kon.
Tog, die onvergwensgesindheid in die helhool laat ons n lewe lei van waar die sondes van die vaders aan die tweede, derde, vierde vyfde…… geslag besoek word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.