ToekomsVenster: Smagtend na God


rooibok-drink-water

Foto: Wildlifeden.com

Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. – Lees Psalm 42:2

Die metafoor van ‘n dors wildsbok op soek na bruisende waterstrome is ‘n grafiese voorstelling van hoe ‘n gelowige voortdurend oor God en sy teenwoordigheid moet voel.  Die digter het iets van God ontdek wat aansteeklik is.  Dit dring hom om meer en meer van God te verwag en te ontvang. Hy raak nie uitgekuier met God nie.

Ek bid dat die Here vir elkeen van ons iets van hierdie onversadigbare honger na sy Woord en Gees sal gee.

Ons leef in ‘n tyd waar die gemeente opgewonde is as lidmate die erediens meer as twee keer per maand besoek.  Ek is meer as bewus daarvan dat ons in ‘n totaal ander tydsgewrig leef; dat erediens bywoning nie voorwaarde vir Christenskap is nie en daarom versigtig interpreteer moet word; dat mense ontsettend besig is en iewers tot rus moet kom al beteken dit dat hulle die erediens nie so gereeld besoek nie, maar, demonstreer die teks nie tog iets wat nie altyd by ons teenwoordig is nie?

‘n Versugting en verlange na God.

Die Bybel praat van ‘n honger en dors na die geregtigheid (Matteus 5:6).

Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

Ek het meer daarvan nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennelie Rust ·

Ja, mense werk hard en gesins verpligtinge druk swaar op die hele gesin.Die baie egskeidings roep hard vir tyd saam. Sondag tuis, moet die ouers die voorbeeld stel en rus en kuier met die gesin en die sabbatdag REG deurbring.” Sunday is’t funday.”Besoek die Huis van die Here as gesinne en leer, jou kind so moet jy al jou lewe leef en die Vader sal jou seën.So sal jou kinders ook hulle kinders in die weë,grootmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.