ToekomsVenster: So moet julle bid


ToekomsVenster-3-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Lees Matteus 6:7-14

Toe Jesus sy dissipels leer bid, begin Hy met: “laat u Naam geheilig word” (v9). Die bidders moet weet dat dit nie oor hulle eie name gaan nie, maar oor God s’n. Met “laat u koninkryk kom” (v10) moet die bidders ook weet en erken dat alles op die ou end oor God se koninkryk gaan, dat God ook vir hulle wil betrek by sy koninkryk, nie andersom nie. “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel” (v10) dui daarop dat die bidders daarna moet verlang om God se wil te leer ken en daarvolgens te leef, en dat hulle nie sal probeer om God by hulle wil te betrek nie. Hierdie gebed begin dus met die oorgawe waarvan ons gister gepraat het – die erkenning dat dit nie oor jouself gaan nie, maar oor God, en om daaraan oor te gee.

Dan kan jy met vrymoedigheid jou daaglikse behoeftes aan Hom voorlê. Hy het reeds belowe Hy sal daarin voorsien as jy eers sy koninkryk soek (v33). Jy kan ook maar weer erken dat jy so baie kere in woorde, dade en gedagtes tekort skiet en dat jy vergifnis nodig het. Wanneer jy dit ontvang, kan jy dan ook as ‘n vry mens ander vergewe, wat jou nog verder in God se vryheid lei.

Oorweeg dit dus om hierdie gebed voortaan as die raamwerk vir jou gebede te gebruik. Dit sal jou weer bewus maak van waaroor dit regtig gaan, naamlik God se Naam, sy koninkryk en sy wil.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anna-Marie van Dyk ·

Ek wonder maar net, weet julle wat is God se naam?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.