ToekomsVenster: Sodat ons nooit van God verlate sal wees nie


Oorgawe-aan-Jesus

Argieffoto.

My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? – Lees Psalm 22:2

Die Psalm word dikwels aan die trauma en worsteling van die gekruisigde Here verbind. Wie kan hom dié onmoontlike indink: God van God verlaat, juis sodat Hy, Immanuel, God mét ons kan wees en word.

Die wyse waarop die lewende Christus verniel is tydens nie alleen sy hele aardse bediening nie maar in besonder aan die vooraand van sy kruisiging is verbysterend. Dat mense-hande dít aan die Koning van die eeue, die Alwyse en Almagtige kon doen is bykans ondenkbaar.  Dat sy Vader dit toegelaat het getuig van sy onverstaanbare liefde en passie vir mense.

Films soos “The Passion of The Christ” is so moeilik om te kyk. Mense wat weet sê dat die trauma en seermaak soos in die film uitgebeeld steeds nie daarin kan slaag om die volle omvang van sy vernedering uit te beeld nie. Die psigiese konflik word moeilik op beeld vasgelê. Die woordjie “waarom” verklap iets van Jesus se worsteling. My God, waarom het U my verlaat?

Die antwoord: Sodat ons nooit van God verlate sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.