ToekomsVenster: Sodom en Gomorra


hande

Argieffoto.

Genesis 18: 20-22: Toe sê die Here: “Die geroep teen Sodom en Gomorra is hard. Hulle sonde is baie groot! Ek wil gaan kyk sodat Ek kan weet of hulle ooreenkomstig die geroep wat tot by My gekom het, gehandel het of nie.” Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan.

Die Masorete was mense wat tussen die 7e en 11e eeue onder andere probeer het om die uitspraak van die Hebreeuse teks en indeling van verse vas te stel. Eeue gelede het hulle ’n tekswysiging aan Gen 18:22 aangebring. Daar staan oorspronklik dat die Here voor Abraham gestaan het. Hulle het dit verander. Vir die Masorete was dit onaanvaarbaar dat God voor Abraham kon staan en daarom het hulle die teks gewysig om te lees dat Abraham voor God gestaan het (18:22). Dis asof die Here Abraham uitnooi om met hom in gesprek te gaan oor die sonde van Sodom en Gomorra.

Die Nederlandse teoloog, Jagersma skryf: ‘Die Here staan hier in ’n houding wat as’t ware die stilswyende uitnodiging aan Abraham inhou om dit nou uit te spreek. En dit is die Heer self wat op hierdie manier en met hierdie houding Abraham uitdaag om vir hierdie bedreigde wêreld op te kom.’

Die Here staan by Abraham, sodat hy vir die mense van Sodom en Gomorra kan intree. Jy sien, as God jou geseën het is die gevaar lewensgroot om jouself terug te trek in die gemak van jou eie seëninge. Abraham sou kon saamsing in die koor van veroordeling oor Sodom en Gomorra en hom terugtrek. Immers, Hy het God se seën en beloftes ontvang.

Die teenoorgestelde van liefde is nie haat nie. Dit is apatie, het Rollo May gesê. Die verhaal van Sodom en Gomorra raak ons sonde van harteloosheid, apatie, traak-my-nie-agtigheid aan. Die diepste vorm van haat is wanneer die nood van die wêreld ’n mens nie meer raak nie, wanneer jy die nood van die wêreld sien, daaroor praat en jou hande in die lug gooi en dit opgee vir ’n slegte saak. Miskien is die wêreld in die gemors wat hy nou is omdat ons nie meer omgee vir die wêreld nie. Wanneer jy nie meer vir die nood van die wêreld intree by God nie, bereik jy haat sy hoogtepunt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wynand ·

Ek stem saam.Die mense het God vergeet en niemand sa die wereld kan red sonder God of Christelike geloof nie.

vermeende ·

Hoekom is die wereld in die gemors?
Nie oor die mens se houding teenoor die wereld nie maar die kerk wat GOD se kinders op n dwaalspoor ly na die verderf.
Die kerk se jy mag nie moor nie maar aborsie is reg.
Die kerk preek gay wees reg met liefde maar GOD se dit is vir HOM n gruwel.

Nee, die wereld is in die gemors omdat die gemeentes nie van hierdie predekers wil ontslae raak en die wette van GOD wil volg nie want dit staan dwars oor die pad van sy menseregte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.