ToekomsVenster: Sondebelydenis is terapeuties


Vergifnis

Argieffoto.

1 Johannes 1:9: “As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons te vergewe en van alle ongeregtigheid te reinig.”

Sondebelydenis is terapeuties. Dis ʼn geleentheid om afskeid te neem van die verkeerde dinge in jou lewe. Namate ʼn mens met God praat oor persoonlike skuld en sy vergifnis vra (en Hom dank daarvoor, Hy het immers klaar betaal) kom ʼn mens vry van selfverwyt en die aanklag van die gewete. Aanvaar God se verlossing en vergifnis as jy met Hom oor jou sonde gepraat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.