ToekomsVenster: Sonder liefde is ons niks

liefde-hart-strand-sonsondergangs-voetspore

Foto: Pixabay/Pexels.com

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. – 1 Kor. 13:1-3

1 Kor. 13 is benewens Ps. 23 seker van die bekendste teks gedeeltes in die Bybel en baie gewild by huweliksbevestigings. Dit gaan egter nie hier oor die huwelik nie, maar hoe die Liggaam van Jesus, die gemeente, onder leiding van die Heilige Gees die verskeidenheid gawes tot voordeel en opbou van almal moet aanwend. Die Gees deel uit soos Hy wil en gee wat nodig is dat die Liggaam sy volle potensiaal kan bereik.

Paulus onderbreek sy gedagtegang wanneer hy tussen hoofstuk 12 en 14 eers oor die liefde praat. Dit blyk dat sommige in die gemeente van Korinte die gawes eerder aanstellerig gebruik het in stede om mekaar daarmee te dien.

Paulus redeneer dat die liefde die leidinggewende beginsel moet wees en bly.

Ons gesels in hierdie week oor sommige van die gedagtes wat Paulus met die gemeente deel.

Die eerste verse stel twee sake lynreg teenoor mekaar, ongeag hoe voorbeeldig en prysenswaardig jou lewe ook al daar mag uitsien, as die liefde ontbreek, kom dit tot niks.

Let saam met my op na die opbou en ontvouing van sy oortuiging – let op die gebruik van die woordjie “al” en die impak van die woordjie “maar”.

Ons roem graag in eksterne dinge. Sommige dink hulle kan God beïndruk met die sogenaamde uitnemendheid van hul geloofslewe.

Mens het geen kwalifikasie nodig om lief te hê nie. Dit is die natuurlike uitvloei van ’n nuwe hart.

Waarin roem jy terwyl dit net dalk ontbreek aan die liefde?

Vra die Here om sy liefde in jou hart uit te stort.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here Jesus dankie dat ek n Bybel het…dat ek elke dag daar uit kan lees hoe liefde lyk….onverdiend is ek aan die ontvang kant…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.