ToekomsVenster: Soos bome naby waterstrome

boom-son-wolke-vryheid

(Foto: Sanjeevan SatheesKumar/Unsplash.)

ʼn Akkerboom van meer as 100 jaar oud buite die NG moedergemeente in George en waarvan die takke al afgesaag is sal moontlik in die vorm van ʼn monument behoue bly, lees ʼn berig in ʼn nuusblad. Die boom is egter reeds “dood”.

Die boom staan reeds sedert 1884 en is getuie van baie dinge wat in die omgewing gebeur het. Vir honderde Sondae was die boom die stille toehoorder van die lofsang wat vanuit die banke van die gemeente opgestyg het. Nou is dit net ʼn skadubeeld van destyds maar steeds geëerd as die oudste inwoner in die omgewing.

Bome is ʼn simbool van grootsheid en krag. Die Bybel verwys verskeie kere na bome.

Adam en Evan word gemaan om nie van die boom van goed en kwaad te eet nie. Die verhaal is bekend.

Genesis 2:17 – “ .. maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.”

Die leuens van die bose was net te oorredend om te ignoreer.

Jesaja vertel van ʼn spruit uit die boom van Isai wat groei en lewe bied.

Jesaja 11:1 – ‘n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra.

Die bekende Ps. 1 vertel van mense wat op die Here vertrou. Hulle is soos bome wat naby waterstrome geplant is. Die voëls van die hemel vind daar ʼn tuiste. Vermoeides vind lafenis in die skadu. Verliefdes piekniek onder die groen loof.

Die takke en blare waai welig in die aandwind.

Kerstyd akkommodeer dit liggies van verskillende kleure wat van die vreugde van die feesgety praat.

Die bome van Libanon word eweneens dikwels in die Skrif gemeld.

Jesaja 60:13 – Die hoë bome van die Libanon sal na jou toe kom, sipresse, platane en denne, om die roem van my heiligdom te vermeerder, om luister te verleen aan my tempel.

In die tuin van Getsemane was dit Olyfbome wat die stille toehoorders was van die smeekgebede van Jesus aan die vooraand van sy kruisiging.

Dit was uiteindelik niks anders as ʼn boom waaraan die Seun van die mens gesterf het.

Mag ons soos bome staan in hierdie samelewing.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Africangrey ·

Ja, mag ons die Geloof kry, sodat ons kan vasstaan in hierdie moeilike tye, Here, wees ons Gids, en wees ons Genadig, wees met ons, ook al verdien ons dit nie, bring ons op ons knieë, en bewaar ons asseblief, moenie dat ons soos die volk van Israel nie glo in U Krag nie, moenie dat ons lag vir die koperslang nie, maar opsien na U alleen, ons vra dit uit Genade alleen Liewe Vader Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.