ToekomsVenster: Soos die golwe van die see

golwe-see-branders-strand

Foto: @januprasad/Unsplash.com

“Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” – Jakobus 1:6

Jakobus vergelyk mense wat in ongeloof bid met branders wat enige plek uitspoel. Dit kom tot niks.

Die woorde “deur die wind aangejaag” is betekenisvol. Hierdie is nie die wind van die Heilige Gees nie. Dit is die bedenklike energie van die eie manier van dinge doen. Dis om vir wysheid te vra en in elk geval jou eie koers in te slaan. Dis om te redeneer “wat help dit om te bid, daar gaan in elk geval niks daarvan kom nie.” Ongeloof is sonde en komplimenteer God nie. Geloof, sê die skrywer, is om oortuig te wees van die dinge waarop ons ons hoop gestel het.

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” – Hebreërs 11:1

Dis nog nie ’n realiteit nie, maar jy tree op asof dit reeds gebeur het. Ons praat nie van voortvarendheid nie, maar ’n geankerdheid in die Woord en wil van die Here.

Gebed

Dankie Here dat U so met my praat dat ek dit kan verstaan.
Die see en golwe is ’n mooi beeld.
Ek verstaan wat U sê.
Nou gaan ek dit doen ook.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.