ToekomsVenster: Soos in die hemel, so ook op die aarde

hemel

Foto: Peter Fazekas/Pexels.com

Dié bekende frase uit die Onse Vader gebed het my al baie laat dink.

Hoe lyk dit wat ons as uitdrukking van die koninkryk op aarde moet vergestalt? Is daar ’n model wat ons kan navolg en wat ons by die bestemde doelwit gaan uitbring?

Immers, ons bid “laat U koninkryk kom” en die onuitgesproke deel van die gebed is sekerlik, óók deur my.

Hemel is ’n plek waar daar nie hartseer, pyn, ontwrigting, swaarkry en siekte is nie. Dis ook vry van al die ander voorkomste van lyding en vertwyfeling. Dis volmaakte vrede, God se shalom volledig vergestalt. Is dit moontlik op aarde en in watter mate? Is die gebed nie heeltemal onrealisties gegewe ons omstandighede nie?

Wie dié gebed bid stel homself beskikbaar, is diensbereid en stel ’n navolgingswaardige voorbeeld. Nie vertonerig nie, maar sodat ander bemoedig en begelei kan word. Dit is tog waarop dissipelskap in die praktyk neerkom, nie waar nie?

ToekomsVenster se roeping bestaan daarin dat, op weg na 2020 en aan die anderkant daarvan, gelowiges toegerus word vir die veelvoudige uitdagings wat nie alleen ’n snel veranderende wêreld stel nie, maar in besonder dit wat kenmerkend aan Suid-Afrika is.

Koninkryksdenke was nog nooit so relevant soos nou nie.

Te midde van talle Suid-Afrikaanse realiteite, armoede en werkloosheid enersyds en politieke onstuimigheid andersyds, te midde van onverantwoordelike uitsprake deur sommige rolspelers en magsverlies by ander, te midde van oproepe van grondonteiening en regstellende
aksie, sal net koninkryksdenke en -ingesteldheid gelowiges koersvas
laat volhard.

Tensy ’n mens geanker is in roeping en ’n oortuiging in die verband het, ook die eiesoortige bydrae wat die kerk en die geloofsgemeenskap moet lewer, sal die stryd te swaar word.

Goddank, die koninkryk is ’n komende en deurbrekende werklikheid.

Wie koninkryk verstaan, beleef vryheid en sin, al is dinge somtyds erg deurmekaar.

Reis saam in en deur hierdie stiltetydhandleiding. Ds. Colin Smith het waardevolle werk gedoen.

Vertel ander daarvan. Betrek jou kleingroep of gemeente. Die tema is so relevant as kan kom.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.