ToekomsVenster: Soos Jesus

sonsondergang-wolke

Foto: Annca/Pixabay.com

“En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy volgelinge geword.” – Lukas 5:11

Kan jy dink wat die effek op die wêreld sou wees as die meer as twee miljard Christene op aarde byvoorbeeld vredemakers sou wees, hulle vyande sou liefhê, lig sou reis en nie skatte op aarde bymekaar maak nie?

Die groot probleem in die wêreld waarin ons vandag leef, is nie dat die Hindoes, Moslems of ateïste… nie vir Jesus volg nie, maar dat die Christendom Hom nie volg nie – dat Christene vandag te min soos Jesus lyk; te min van die weerloosheid, dapperheid en selfopoffering wat Sy lewe gekenmerk het, weerspieël.

Gedagte

Tot watter mate het ons vir ons ’n God begin skep wat al hoe meer soos ons lyk? Wat is daar in jou eie persoonlike lewe (en in jou gemeente se strukture) wat moet verander om meer soos Jesus te lyk?

Gebed

Here, help my om ook my lewe te gee vir hierdie wêreld. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ai ·

Ja dis so waar. Ek struikel baie, maar eks so dankbaar dat die Here so geduldig is en my vergewe.

Trix ·

SY genade is vir jou genoeg…Hy sal nooit op hou werk in jou nie! Staan vas!

D ·

Spyker op die kop…. Wanneer sal die mens begin besef DIS ons hele skeppingsdoel, om meer en meer soos Jesus te word – ons is dan na Sy Beeld geskape. Jesus het daai vermoë aan ons kom teruggee wat by die sondeval deur die mens weggegooi is, om dit wel te kan word deur Sy voltooide werk aan die kruis waar Hy alles “teruggekoop” het deur Sy kosbare bloed. Dankie Jesus, Lam van God!!!

Eish ·

So baie waar, soveel wat ons moet verander om soos ons Redder te wees. Sabbat terug na sy regmatige plek. God se fèesdae soos Pasga, Pinkster, Huttefees ens ipv heidense vervangings soos Kersfees, Easter, ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.