ToekomsVenster: Soos ʼn kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het


Ons-Vader-in-die-hemel

Argieffoto.

ʼn Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ʼn kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd. – Psalm 131:1-3

Dis die hele Psalm hierdie, regtig, en dis prentjiemooi. In ʼn mens se gedagtes sien jy hierdie klein kindjie so heeltemal aangewese op die sorg en omgee van sy moeder. Dit getuig van kinderlike eenvoud, vertroue, afhanklikheid. Niemand kan ʼn kind versorg soos ʼn moeder nie.

Daarteenoor die selfversekerdheid van die hoogmoedige mens wat dink dat hy alleen kan regkom. God hou nie van hoogmoed nie en dis sagkens gestel. Ons jongmense sou sê God het ʼn gly in hoogmoedige mense.

Ja, al is die Here hoog verhewe, Hy gee om vir die nederige, maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige. – Psalm 138:6

Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ʼn afsku het: oë wat straal van hoogmoed, ʼn tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ʼn getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers. – Spreuke 6: 16-19

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Prys die HERE!! Hy is ALTYD by my. Hy vou sy arms altyd om my en beskerm my teen die aanslae van die Bose!! Hy staan my elke dag by en as dit vir my voel of als net te veel word, gaan sit ek by sy voete en vind weer eens kalmte wat net die liewe HERE my kan gee!! PRYS DIE HERE!!!

Ansa ·

Dit is so waar Christa as n mens by Die Here se voete gaan sit en net stil raak dan kom mens tot rus Ek doen meditasie en dit wonderlik om so inaanraaking met die Here te kom Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.