
Foto: Pixabay.com
Psalm 42
2 Soos ʼn wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.
Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
“Soos ʼn wildsbok smag na water”. Dors is ʼn uitdagende ervaring. Ek weet nie wie van u al met ʼn versengende dors gekonfronteer is terwyl niks naby is om daardie dors te les nie. Ek vermoed min mense het dit al beleef.
Ons beleef tans ʼn geweldige droogte in Suid-Afrika, die ergste in meer as ʼn honderd jaar. Ek het foto’s gesien van diere wat sterf weens ʼn gebrek aan water. Dit moet ʼn verskriklike dood wees. Miskien laat die beeld van sterwende diere ons iets beleef van die intensiwiteit van so ʼn dors. Dis ʼn dors tot die dood toe.
Die psalmdigter beleef so ʼn dors. Smagtend en verlangend na God. Dis maar ʼn metafoor, maar ʼn baie effektiewe een.
My opsomming van hedendaagse Christene is daar is min dors, in elk geval ver verwyderd van die intensiteit waarmee die psalmdigter na God verlang.
God is duur en duursaam. Hy laat Hom vind deur hulle wat na Hom soek.
Ek is bekommerd dat God op ʼn afstand sal bly totdat ons geen ander heenkome meer het as om Hom in die gebed op te soek nie.
ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ja dit is waar maar dit is Psalm 42 vers 2 as iemand dit wou naslaan.
Ek wil net graag weet en n antwoord op my vraag is.My vriend het sy werk so wat n jaar verloor en hy het baie gedrink.Maar ek het moeg geraak en gedink die Here hoor nie my gebede nie ek het depresie gekry.Tot op n dag en ek het vir hom gese jy gaan jou nog ons uit die huis uit drink waarvoor ons gewerk het.Die Maandag het hy opgehou drink ek het saam met my broer begin kerk toe gegaan en naderhand hy ook nou my vriend.So het hy weer werk gekry.Nou hier is my stiefseun dinge gaan nie… Lees meer »