Lees: Matteus 6:9-15:
“9So moet julle bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; 10laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. 11Gee ons vandag ons daaglikse brood; 12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; 13en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.’ 14As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”
Gebed:
O Here, help my om te vergewe, om nie ʼn wrok te vertroetel nie. Help my om die genade wat ek van U ontvang het uit te straal na ander.
Om oor na te dink:
Wat sê 1 Korintiërs 13:5 (“Die liefde hou nie boek van die kwaad nie”) vir jou in jou lewe?
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.