ToekomsVenster: Spreek lewe, maar leef dan wat jy spreek


koninkryk-van-God

Foto: Argief.

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. 2 Kronieke 7:14

“As ons land tog net genees kan word!” Die plek, Suid-Afrika, is stukkend. Dis onrusbarende tye waarin ons leef. Ons leef op die rand van anargie en chaos. Ag nee, sê jy, dis verdoemend, negatief, en spreek van dood. “Spreek lewe!”

Inderdaad. Spreek lewe, maar leef dan wat jy spreek. Bou verhoudings. Nooi ander in jou lewensruimte in. Stel mense aan Jesus voor. Wees op jou knieë. Soek God in hierdie dae.

Geweld het ʼn alledaagse fenomeen geword by ons. Dit ontstel ons nie meer nie. Twee hier en drie daar, oor die 40 by Marikana, net nog statistieke; duisende op plase, in huise, op die paaie. Padwoede en onverdraagsaamheid is aan die orde van die dag, selfs kinders wat hul ouers vermoor. Jy sê ek is ’n doemprofeet. As dit nodig is vir Suid-Afrika om wakker te skud, moet dit maar so wees.

Spreek lewe, maar leef dan wat jy spreek. Rig tekens van lewe op. Saai op die akker van die lewe dat daar lewensruimte en moontlikhede vir mense mag kom.

“Kom, Heilige Gees …”

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Attie ·

Ons moet nie twyfel nie – ons moet die geloof behou – al lyk dinge mismoedig – ons moet bly vertrou die Here Jesus sal ons deurdra as ons bly bid !!

Susan ·

Soos Maria by die voete van Jesus gesit het – het Jesus gese: dis die beste plek wat Maria gekies het amen ! As ons kies om in SA by die voete van Jesus Christus te sit sal ons Matt 6 v 33 uitleef !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.