ToekomsVenster: Spreuke vir die lewe


Foto: Juanita Badenhorst.

Spr. 2:2

NV

1 My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie,
2 hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

OV

1 My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

Wysheid tree hier soos ʼn persoon op. God verteenwoordig wysheid. Teenoor wysheid staan dwaasheid, eie geregtigheid en arrogansie.

Verhouding is belangrik vir wysheid. Daarom word die subjek seun genoem. Dit spreek van ʼn bepaalde verbintenis.
Jy kan nie verwag dat iemand wat nie ʼn seun is die wysheid wat van sy vader kom ernstig sal opneem nie. Daar is nie ʼn verhouding nie.

Eweneens beteken verhouding nie noodwendig dat die seun die riglyne vir die lewe soos voorgehou deur sy vader sal integreer in sy lewe nie. Dis ʼn keuse en daarom word die seun dit op die hart gedruk.

Presies hoe ernstig die seun die wysheid moet opneem word deur verskeie aanverwante begrippe uitgedruk. “Neem aan, maak dit jou eie, hou jou ore oop, span jou in, bewaar dit, luister daarna”, ens.

Dit verteenwoordig ʼn bewuste keuse om so te lewe dat wysheid gedien word.

Die “hart” word in die “ou vertaling” van die Bybel betrek.

Die hart is die setel van die wil, emosie, besluitneming, keuses, moraliteit.

Kennis staan in diens van die hart. Die hart moet daarmee handel. Dis nie net intellektueel nie maar emosioneel want daar is verhouding.

Die integriteit van die kerk is in gedrang. So baie mense praat oor die diskrepansie tussen leer en lewe by Christene.

Lewe en optrede stem nie ooreen met belydenis nie. Ons sal nuut moet fokus. Erns moet maak met wysheid.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.