ToekomsVenster: Steeds genadig en liefdevol

JB-droog-karoo-04

Foto: Juanita Badenhorst.

Jes. 22:12 – Daardie dag sal die Here my God, die Almagtige, julle roep om te huil en te treur, om julle koppe kaal te skeer en om rouklere aan te trek.

Die teks verwys na rouklere. Mense het in die tyd waarin die Bybel sy beslag gekry het sigbaar gerou. Hulle sou somtyds in sak en as sit en hul lot beklae. Soos die teks aandui ook die hare van hul koppe afgeskeer.  In die geval van dood is professionele rou beklaers ingeroep om die hartseer te deel. In ons geval getuig swart dikwels op bedroefdheid.

Die oproep om te rou in teks hou verband met die opmars van die Assiriërs enersyds en die onverskilligheid van die volk andersyds.

Geestelike traagheid het ingetree en die gebod van God het op die agtergrond geraak. Op alle terreine van die lewe, geestelik, ekonomies en sosiaal maatskaplik is die impak van hul geestelike louheid ervaar.

Die lotgevalle van die gemarginaliseerdes in die samelewing het op die agtergrond geraak, trouens, mense met mag het eerder bygedra tot hul swaarkry as wat hulle gehelp het.

Iets daarvan is waar in ons dag waar gulsige mense spreekwoordelik die brood uit die mond van honger mense steel.  Ons moet egter nie vergeet dat vier vingers na ons terugwys nie. As gelowiges is dit noodsaaklik dat ons ook ons eie koudheid van hart, ons verskonings, ons ongehoorsaamheid en onwilligheid en traagheid voor die Here bely.

Rou het geen sin as dit ʼn mens nie op die weg van belydenis neem nie. Ons verskil van mekaar en so ook ons belydenis.

Hierdie week van rou is die ideale geleentheid om huis skoon te maak. Die spinnerakke wat in die hoeke woning gemaak het te verwyder, klere te was en die vullisdrom uit te gooi. Die Here is steeds genadig en liefdevol. Hy is bereid om te vergewe en sal ʼn berouvolle hart nie wegwys nie.  Gaan lees gerus Psalm 130:4.

Om egter terwyl die Heilige Gees jou van sonde oordeel en geregtigheid oortuig ʼn dowe oor te draai kan op die langduur ernstige verwydering veroorsaak. Die bekende teks is van toepassing:

Jes. 1:18 – Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu.  Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.