ToekomsVenster: Stel jou hoop op God


Oorgawe-aan-Jesus

Argieffoto.

Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting! – Psalm 59:10

Mense wat nadink en skryf oor die Suid-Afrikaanse konteks is bekommerd daaroor dat baie mense begin koers verloor. Dinge verander nie wesentlik vir die armes nie, en armes kry ons in alle samelewingsverbande en kontekste. Dis lank nie meer net sekere groeperinge wat worstel met gebrek nie.

Werkloosheid dra veral berekend by tot die gevoel van hooploosheid. Leë beloftes maak mense se wiele pap. Misbruik van mag en posisie, bevoorregting van sommige en baantjies vir boeties maak mense desperaat.

Die Bybel sê nie verniet dat ʼn mens nie op ander mense moet vertrou nie, maar op God alleen moet hoop. Dis nie ʼn passiewe hoop wat wag dat alles in pasklaar pakkies uit die hemel moet val nie. Inteendeel, dis ʼn aktiewe hoop wat gestalte vind in inisiatief neem en hand uit die mou steek.

Die vinnigste manier om van ʼn gevoel van hooploosheid ontslae te raak is om iets vir iemand anders te doen. Probeer dit gerus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.